Hulle se tyd genees alle wonde,
Selfs die hart se seerste seer,
Maar tyd, is n klug
Soos ek en sy toe sit en praat,
Rol die hart se ongeneesde-wond-sappe
Dit loop deur ons oe,
Maar kom van oral-oor,
Die Kaap se potblou water,
Pretoria se strate.
Dit kom van Kroonstad en van Potch,
Van Magalliesburg en Hartenbos.
Gisteraand het ek n rots sien breek
Haar sien val tot waar
,ek dink,
Sy nooit weer wou wees.
Haar algemene yster gelaat
Het gesmelt tot in vorm van
n lam
Skielik,
Vanuit nerens
Kan ek aanvaar,
Vanaf dan,
Kan ek probeer verstaan.
Soos ons sit en klets oor gister se kak,
Kan ek verandering sien in haar grys,
Want,
Soos die Kaap se kleurwater daar deur stroom,
En soos ons konfidereer
Oor die hindernisse in ons verlede,
So los die Kaap,
n bietjie van sy blou
In haar oe